Jeffrey Archer is in Suid-Afrika om sy jongste boek bekend te stel. Marga Ley het met dié skrywer gesels.
‘My jongste boek is op 15 Maart in Londen bekend gestel presies op dieselfde dag as Nadine Gordimer se jongste. Resensente het mal gegaan oor haar boek. Hoe sy die beste skrywer in die wêreld is. Onthou, sy het al die Nobelprys (vir literatuur) gekry.